Welcome, Guest
Username: Password: Remember me

TOPIC: Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt

Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt 06 Nov 2018 23:17 #44717

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018



Na die Livingstone Lite 2014 het ek myself en Michelle belowe ons gaan Kukonje Island toe… die dat n eiland is op die Sau panne. Ry ±8km oor die panne om my die eiland uit te kom. Het so bietjie te veel verlof gehad in die middel van die jaar so ek en Michelle het op mid week trips gegaan. En erens het die gesprek gelei dat ons moet Botswana toe ry. En van daar het die beplanning begin. Die dat n mens Kukonje net in die winter kan bereik is daar besluit dit gaan nou in Augustus wees… en vinnig is ons aan die beplan om in 6 weke, solo, sonder enige back up, Botswana te gaan explore. Daar is n paar lysies opgestel en begin om “dinge te doen”, te koop” en “te pak” word af getick.

Ons bly steeds mid week trips te doen en fokus op bietjie meer sanderige kondisies te ry. Runner van Offroad Cycles diens die X Country. Van daar begin ons speel met die pak opsies. Wil graag Michelle se fiets so lig as moontlik hou met geen bagasie, maar dinge is net te veel. Die BMW X Country se brandstof tenk is net 9.8l so extra brandstof is n moet. So die X Country dra Michelle se klere, en die 10 Liter brandstof, die Adventure alles anders.… Roete is beplan, gereedskap, kamp stuff, rantsoene en so 8 liter vars water bottels staan reg in spaarkamer vir n aand of drie.

Ons leen Deon se Spot tracker en laai custom boodskappe om die vriende, maar veral ons moeders live tracking van ons adventure te laat volg. Aangesien ons geen back up het, elke aand kamp, twee aande sonder water, behalwe dit wat op die fietse en camel packs is. So ons het baie bekommerde moeders gehad. Ter vestane, alhoewel ek die grootste gedeelte van die roete 4 jaar terug gedoen het, was ek self bietjie bekommerd. Ek neem my klein fyn vroutjie op die adventure, Botswana is n land van extremes, as n mens teer ry, is dit lank en reguit, en as jy van die teer af klim is dit net sand. As iets gebeur, is ons ver van hulp, met geen selfoon opvangs. So ek was n nervous opgewonde…

Maar Michelle klim in, laat maak vir ons t-hemde en stickers. Sorteer padkos, gaan winkels toe. Die trip was ook n trip vir n paar eerstes:
• Sy het geld gaan wissel
• Eerste cross border trip
• Haar eie bagasie en brandstop op haar fiets
• Baie opgewonde om off the grid te kamp

Om te se sy was super opgewonde is die understatement van die dekade… :teeth:







The administrator has disabled public write access.

Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt 06 Nov 2018 23:17 #44718

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Die roete in kort; Pretoria na Palapye, na Kubu, na Planet Boabab, na Elephant Sands , na Kukonje en na Kwano Keng voor ons terug kom na Pretoors toe.

The administrator has disabled public write access.

Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt 06 Nov 2018 23:19 #44719

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Dag 1, Pretoria, via Poer-se-loop na Palapye, 497 km

Die more is ons vroeg op, ons panser ons teen die koue, was daai koue front in Augustus toe die berge so lekker toe gesneeu het. Die Impact Rigs laat baie wind deur, lekker as ons in Botswana 30+ dag temp ry, maar die wegspring oggend lekker koud. Ons skiet noord, op die N1, urgh. Vandaar Nylstroom en toe Vaalwater.



Na Vaalwater is daar n paadjie wat wes draai. Deur die berge van die Groot Water Natuur area, of te wel Poer-se-loop. So gedoop deur Livinstone Lite 2014, kruis ons droee rivier loop, in die winter, n paar keer. Ons eerste shake down met die gelaaide fietse. Die pad het iets van alles; twee spoor, spoel slote, klippe met die pad op, en af. Dan sand, en dan herhaal ons weer soos bo. En op die einde is dit die bree sand pad. Klink maklik maar dis ook corrugated –die fietse het redelik shots gevat maar die BMW’s , behalwe vir die X se hoeter bout wat verloor het, het fiets en ryers dié oorleef.

















Last Edit: 06 Nov 2018 23:21 by alwyn_gs.
The administrator has disabled public write access.

Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt 06 Nov 2018 23:22 #44720

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
In Ellisras stop ons vir n Wimpy, lekker lug verkoeling, nou baie warmer as toe ons uit Pretoria is die more.

Vandaar is dit teer na Groblersbrug/Martins Drift grenspos. Die Botswana grens beampte was heel verbaas toe ons vir 2 fietse belasting betaal en ons is net n man en vrou. "“You are a little brave one”", was haar woorde. Vinnig le ons die 120km af na Palapye. Oppad na Camp Itumale lyk it maar Afrika. Letterlik agter die spoor. Verby wat lyk soos n stasie, maar ingedraai by die kamp is dit n oasis! Groen gras, skoon ablisie, n lekker kroeg .

Die die wind waai n bietjie, maar ons trek die fietse in n laer om van die wind te keer.





Last Edit: 06 Nov 2018 23:23 by alwyn_gs.
The administrator has disabled public write access.

Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt 06 Nov 2018 23:24 #44721

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Ons bestel aandete, gaan stort lekker en gaan sit aan vir aandete. Die kroegman dra elke keer n St Louis aan as ek hom beloer tot die vriendelik kombuis staff aand ete aan bring – Ribs, Chips, broccoli gereg saam slaai en vir poeding swiss roll en vla! Voel dit was baie goeie waarde vir ons geld...

Ons gaan vroeg tent toe, maar slaap bietjie sleg, het gevoel of die tent heeltyd wou wegwaai…







The administrator has disabled public write access.

Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt 06 Nov 2018 23:25 #44722

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Dag 2, Palapye, via Lethakane na Kubu Island, 318 km

Eerste more wat ons tetris speel om alles gepak te kry. Dan brandstof gooi en dan Lethlakane toe. Michelle vra of sy haar ektra brandstof kannetjie moet volmaak en ek se nee. So 140km die dag in stop ons om bietjie bene te rek en n toffie te knibbel langs die pad. Sy vra hoe ver is Lethlakane toe, en volgens Garmin was dit so 120km… en die X se range is seker 220km, en is dus 40km kort en daar is nie n petrol stasie voor Lethlakane nie. Garmin Fuel Stop funksie, en die lig ons indat daar min of meer 15km terug brandstof by ‘n General Dealer in Mmashoro. En ons draai terug...



Last Edit: 07 Nov 2018 00:32 by alwyn_gs.
The administrator has disabled public write access.

Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt 06 Nov 2018 23:26 #44723

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Die dorpie is meer n landelike gehuggie, of n paar gehuggies naby mekaar. Dis net huisies en die General Dealer met die minimum op die rakke. Met die instap slag ruik dit na olie bolle - varsgebak. En natuurlik is daar nie brandstof nie. Buite begin ek vir n pyp soek saam n man wat geen, soos in geen engels verstaan nie, maar ons stom streke n gesprek stukkend – en verstaan mekaar!? Het n pype gekry, en gewas. Reg om petrol oor te tap van die Adventure na die X...

En net soos wil begin oor tap kom die dame uit en sy lig ons in iemand in die dorp gaan ons kom help. Stap terug en gaan koop n Coke en n oliebol terwyl ons wag. Michelle het haar neus opgetrek vir die oliebol. Het probeer verduidelik dis n bolletjie vetkoek, maar nee, stel nie belang nie..





The administrator has disabled public write access.

Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt 06 Nov 2018 23:27 #44724

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Ons volg die mense die dorpie in, huise wissel van steen tot modder/mis .. kom by sy huis aan en daar is 20l staal jerry kanne, ons onderhandel en kom ooreen dat ek 10l gaan koop vir 160 Pula – dubbel die prys as by pompe! Maar ons het geen keuse. En die 10l tap ons in die rooi kannetjie, om skoon petrol in die X Country te gooi sonder die vuilegoed onder in die jerry kan. Michelle maak maaikies en deel toffies uit vir die kinders wat kom loer wat aangaan. En ons is weer vinnig in die pad Lethlakane toe.





The administrator has disabled public write access.

Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt 06 Nov 2018 23:27 #44725

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Daar stop ons en kry vleis, top die water op en ys vir die 2 vacuum flask vir koue water vir die aand. Die vleis is sommer net in n gewone vries sakkie vir Michelle se vermaak. Vandaar ry ons na die Kubu Island Community Offices.





The administrator has disabled public write access.

Man en Vrou alleen in Botswana, Engelbrecht Edt 06 Nov 2018 23:28 #44726

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Hier ontmoet ons 2 Hollanders. Hulle dink ons is mal om met die gelaaide fietse die sand aan te pak, want hulle ry self motorfiets, Yvonne n BMW. Sy dring aan om al ons bagasie vir ons Kubu toe te ry, maar ons oorreed mekaar dat hulle net ons hout gaan in ry. Nou begin die voorbereiding… ons blaas bande af, 0.9 bar.

Die eerste rukkie gaan okey en toe word die sand bietjie dikker en twee spoor. En dis na 13H00 en die sand is los soos Tastic rys. Momentum is goed, toe hoor ek oor die Sena hoe Michelle kreun soos so neer plot… Ek stop en stap terug om haar te gaan help optel. Sy skud die stof af en se “lets do this”!




Ons stop by n uitkyk punt oor die panne, beautiful views.

The administrator has disabled public write access.