Welcome, Guest
Username: Password: Remember me

TOPIC: Karoo belewenis: 23April - 1 Mei

Karoo belewenis: 23April - 1 Mei 23 Feb 2016 13:12 #42385

  • Johan
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 1282
  • Thank you received: 230
Kom ons gaan ry Carnarvon se grondpaaie plat!!

Met jou GS, of jou 4x4, 4x2 LAW of SUV - almal geskik om daardie pragtige omgewing van amper niks te gaan geniet. Trudie en ek het in Desember daar verken en gevind dis ideale gebied vir rustige GS-roetes. Alles distrikspaaie wat elke faset van GS toelaat sonder om ernstig soos in Gr4-5 te wees

Lees verder en dink...

- Carnarvon is sowat 900km en kan in twee gedeel word as mens met ‘n fiets afry. Ritchie, 40km Suid van Kimberley is ‘n goeie oornagplek. Was al 2x daar. Sou mens afsleep (wat ek aanbeveel) is 900km op een dag heel moontlik. Alles teerpad soontoe
- Tussen drie en vyf dae se grondpad, elke keer ‘n ander roete in daadie pragtige Karoo van (amper) niks is ‘n eenmaal in ‘n leeftyd geleentheid – en dan sal mense sekerlik later ander gebiede ook wil besoek as die lus jou beetgekry het.
- Google gerus die Corbellhuise van die Karoo. Unieke boustyl en nêrens anders te sien nie – net daar!
- Dalk, net dalk kan ons ‘n besoek aan die Meerkat-projek gereël kry. Een van die grootste konstruksieprojekte wat tans in SA aan die gebeur is.
- Daar is wel géén selfoonontvangs sodra jy die dorp verlaat nie en sal net slim wees vir die fietse om ten minste drie GSe saam te ry en motors twee saam, sou met een iets gebeur dat die ander gaan hulp soek. Hulp is ver en yl gesaai en om te stap is nie ‘n opsie nie.
- Dis maklik om tot 300km in ‘n dag teen 60-80km/h te ry sonder om moeg te word, gereeld te stop by waterpunte waar ‘n yskoue Karoowaterlafenis beskikbaar is. Kristalhelder windpomboorgatwater met skoongrasgroen alg onder in die dam. Baie spesiaal.

Wat akkommodasie betref:
. Die omgewing en mense is hartlik en daar is genoeg gastehuise om almal te kan akkommodeer. Die munisipale woonwapark is oud maar alles werk en is netjies en veilig (Wat meer kan mens vra teen R50/nag/staanplek en R3/dag vir elekt?)

Kontak my gerus as jy belangstel. Hierdie is 'n ervaring om weer en weer te doen - Been there done that.

Die roetes: En daar is nog meer wat nie hier getoon word nie









I live to please, but don't always succeed
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: BM13, Smintee

Karoo belewenis: 23April - 1 Mei 23 Feb 2016 15:02 #42386

  • Dries48
  • Offline
  • Platinum Member
  • Posts: 369
  • Thank you received: 75
Ek is reg! Ons kan binne 'n uur ry! Waar kry ek julle?

Eish!! Ek sien nou eers die datums, sal my sak maar weer gaan uitpak.
Last Edit: 23 Feb 2016 20:15 by Dries48.
The administrator has disabled public write access.

Karoo belewenis: 23April - 1 Mei 24 Feb 2016 11:26 #42392

  • Smintee
  • Offline
  • Got my learners
  • Linda Bruwer 1007
  • Posts: 46
  • Thank you received: 14
Hi Johan

Ek sou graag hierdie roetes wil bere vir wanneer ek wel kans kry om hier te ry. Sal jy die asb met my deel?

post roetes hier asb as jy kan

By voorbaat dank!
:ricky: :ricky: :ricky:
The administrator has disabled public write access.

Karoo belewenis: 23April - 1 Mei 26 Feb 2016 10:21 #42398

  • LeRoyOlivier
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 1898
  • Thank you received: 121
Mooi - familie het skaapplaas in daardie omgewing gehad - lekker vakansies daar gaan kuier. Het jy (Johan) in die wit huis op die eerste foto ingegaan. Aanvaar jy weet waarvan, hoe en hoekom dit so gebou is.
The administrator has disabled public write access.

Karoo belewenis: 23April - 1 Mei 09 Mar 2016 11:27 #42520

  • Johan
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 1282
  • Thank you received: 230
Ja LeRoy, interessante boutegniek en eie aan daardie streek.

Reeds 2x GSe en 2x 4x4s het hand opgesteek.

Wie stel nog belang?
I live to please, but don't always succeed
The administrator has disabled public write access.

Karoo belewenis: 23April - 1 Mei 11 Mar 2016 04:38 #42531

  • Richard H
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 1081
  • Thank you received: 216
Die wit gekalkde korbeelklipgebou is werklik uniek aan Noordkaap.
Die boumetode is redelik algemeen in streke van die wereld waar plat klippe volop is.

Hier is voorbeelde (genoem 'Clochan') uit Ierland:





en uit Croatia:



Die dakvorm is ook baie te sien in woestyngebiede in Noordafrika en ander Arabieselande,



waar songebakte kleistene gebruik word. Weens die hitte (en min reen) word 'n opening bo gelos.
Dit laat sonlig in en veroorsaak natuurlike lugvloei agv termiese veskille - sonaangedrewe 'aircon'...!



Daar is tans ook moderne 'sandsak' voorbeelde vir gebruik waar klip, hout en ander boumaterial kort...



Googletoerisme :+
AIRHEAD ADDICT
Go placidly amid the noise and haste. Remember what peace there may be in silence.
As far as possible, without surrender, be on good terms with all persons...
Avoid loud and aggressive persons - they are vexations to the spirit.
Desiderata - Max Ehrmann c.1920
Last Edit: 11 Mar 2016 04:57 by Richard H.
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: Smintee

Karoo belewenis: 23April - 1 Mei 11 Mar 2016 17:12 #42535

  • PierreDT
  • Offline
  • Licensed to ride
  • Posts: 51
  • Thank you received: 11
Nice input Richard. Hierdie boog dak strukture is interesant aangesien die vorm net druk en skuif spannings vir stabiliteit benodig en niks trekspannings nie- tipies ook die brue van die ou tyd waar klip in 'n boog inge-key word.
The administrator has disabled public write access.

Karoo belewenis: 23April - 1 Mei 14 Mar 2016 10:00 #42554

  • Johan
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 1282
  • Thank you received: 230
Die ou mense was darem slim!!
I live to please, but don't always succeed
The administrator has disabled public write access.