Welcome, Guest
Username: Password: Remember me

TOPIC: Solo trip om Marekele

Solo trip om Marekele 06 Jan 2016 12:45 #42056

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Nog altyd hoor n mens dat ouens om Marakele ry... en "daar is baie sand". Respekteer die sand monster en ons twee het n goeie verstand houding... weet nie wie het die verstand nie, en wie die houding nie...

Die 18de Desember opgstaan, en terwyl ek sit en teug aan die oggend koffie, besluit ek daar en dan, dis sulke tyd.

Sommer kamp, so pak die tent, en al die allery. Koop ratsoene, lekker stuk steak en beetslaai saam padkos



Reg om te ry.

DIE PLAN: is om Marekele te ry oor 2 dae, en so ver moontlik na ssn daar te kamp.

So oor Schurweberg, Harties, ostelike kanale, dan noord...






Bietjie explore teen die kanale af, maar pad loop redelik dood agter die PPC sement fabriek net aan die noorde kant van die R511 ander kant Beestekraal.

Toe alternatiewe probeer, maar daar is heinings en elektriese hekke tussen die wildsplase om toegaan te beheer en besluit om Jericho om te ry.

Van daar op die pad na Dikololo toe het ek my ry broek so bietjies bietjies geknyp met sulke pebble tipe sand waarmee ek gesukkel het om n lekker ritme te kry,

Die as die fiets begin snake, dan rol n mens die vet aan. En as dit by die afrol kom, dan snake die skoeter weer. Later ry n mens so vinnig en dink as dinge nou verkeerd gaan, gaan dit redelik ekspenensieel verkeerd. Dan knyp jy jou bene vas, sit op die duffelbag, arms lekker los, en belangrik, look up, en kyk ver voor uit! EN WING IT!

Van Jericho is die pad weer n lekker sand en kry n lekker ritme.

Re op Borakolala af en hulle laat nie fietse toe nie en die GPS se ek moet daar deur na die volgende waypoint, Navigeer bietjie en ry Assen om Thabazimbi se kant toe op n lekker grond pad. MAAR aan die noorde kant begin n lekker bosveld donderstorm broei en sien wwerlig in redelik kort inter valle, Maak die app Rainy Days oop en die verifieer die wolke is dik en ek "ry terug Beestekraal se kant toe.

Met die GPS se Lodging funksie soek ek slaap plek en Thaba Morula is die plek.

En die weer het noord gebly en dis n lieflike aand daar doer in die bosveld.


En kampers mos anderse mense, sout van die aarde. Almal knoop n geselsie aan om te hoor van waar, en waarna toe more,,,


Lekker vleis gebraai, n rumpie geniet, en bekyk die bos televisie saam die sterretjies....
Last Edit: 06 Jan 2016 12:47 by alwyn_gs.
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: Smintee

Solo trip om Marekele 06 Jan 2016 13:09 #42057

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Volgende oggend le ek bietjie laat, die tent is koel en in die koelte.



Daarna lekker boere troos saam beskuit. Groet die kampers en oppad. Terug Assen oor, Rooiberg toe. Mooi grondpad, het lekker gereen en die pad is nat en geen stof, en belangriker - dis lekker koel.

Rooiberg


Die pad uit Rooiberg is redelik besaai met klippe, en die kop van die Military Fuel Tanker is n paar keer geskud, lees tank slapper - ongewoon op die GSA? Maar om die oor te draai help....


Dan begin die pad beter raak, en die bosveld son begin neer veil




Kom by n 4 rigting stop, En gaan reguit oor, Bontle kamp sit links, en regs die mees suidelike pint van Marekele!

Die pad noord is perfek! Lettelik. Het gesit en 120km/h al die pad gery.... daar het n groepie wille honde (Wilddog forum) en hulle gekry waar n mens oos draai om aan die noorde kant van Marekele te ry. Daar gegroet en gegaan. Hulle so wag ander kant die dik sand, maar het gese hulle moet ry, was op ligter fietse...

En hier begin die sports. Of die sand... Stop en blaas die bande nog af. Die son het die sand begin uitdroog en n mens val terug op die opleiding van ADA, en die ondervinding opgebou....

MAAR groot pret
Die is die dikste sand, en darm nie baie lank nie.


Net aan die einde van die foto le 3 nuwe konkryt pype, en die le nie loodreg met die pad nie. Sand is baie los. Op die footpegs, probeer die pype loodreg slaan, maar die swaar fiets op oor die pype en ek verloor die skoeter. Die fiets le negatief, dus op die middelman en die handlebar in die spoor.

Maak toe plek vir my voete in die sand, en met n handboek optel lig ek die fiets, met die verskil, om bietjie sand onder die linkerkanste koekblik(pannier) in te skop. Teug aan die pypie wat uit my rug kom. Die plan nou is om die fiets oor te gooi na die anderkant, sodat ek die side stand kan uit gooi en dan weer van die anderkant op terug te tel... toe ek die skoeter optel kry ek die balans punt, WHAT? En skop met my linker voet en skop WAARAGTAG die side stand uit!
Last Edit: 06 Jan 2016 13:14 by alwyn_gs.
The administrator has disabled public write access.

Solo trip om Marekele 06 Jan 2016 13:21 #42058

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Net op in die pad sit die Wilde honde en wag, gesels so bietjie en hulle saal op en skiet, neem so foto of wat.


Die pad ry nou lekker en kronkel dan om n koppie, dan oor, dan weer om. Ry nou lekker en verkyk my aan die bos. IS redelik groen afgesien van die droogte. Aan die MArekele kant het ek twee patrollies gesien met R1'e en al. gegroet en rustig gery.









Vandaar is dit n stukkie teer Vaalwater toe, ry hier in om te kyk vir n ietsie te eet en te drink, maar dis n privaat 5 ster Lodge.


Wel n koel ingaan.

En dan die anti klimaks, by die Spar vinnige vesnapperings onder die boom


Van daar is dit Waterberge toe, Bakkers pas!
The administrator has disabled public write access.

Solo trip om Marekele 06 Jan 2016 13:28 #42059

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Nou ry n mens van n noord westelike rigting op die suid oostelike hoek van Marekele af. weereens is die pad klipperig en n sand patch hier en daar om n mens op jou tone te hou...





N trop van seker 8-10 gemsbokke, hou nie van motorfietse nie, het weggehol toe ek stop.

En dan is die een van my gunstelling paaie om te ry - die Waterberge!










Last Edit: 06 Jan 2016 13:29 by alwyn_gs.
The administrator has disabled public write access.

Solo trip om Marekele 06 Jan 2016 13:39 #42060

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
En dan Bakkers pas







En af met Bakker pas, dan kom jy weer uit by die 4 rigting stop van vroeer die dag by Bontle kamp. En draai terug Rooiberg toe. Dus die Marekele loop toegemaak!!! :bounce:

En die pad is nou mooi afgedroog van die vorige aand se reen, en die sand het ieweskielik intresant geraak, maar die mojo loop soos n jet, kies n bakkie spoor, en gaan sit op die duffelbag en geniet dit!

Laaste water breek voor die klipperige pad terug Rooiberg toe.



Lekker warm?

Op Rooiberg gestop, bande opgeblaas, en se vir Garmin vat my huistoe.

So dis my storie, dit was n redelike ondervinding, en dit terdee geniet. Se my pa wat lekker was dat ek op my skill level kon terug val en so solo trip aan te pak. As n mens so aleen ry, jy benader die trip anderste as in groep. Ry rustiger, maar so ingestel op wat moet gebeur, en wat met die fiets gebeur, en die dat jy rustiger is geniet n mens die bosveld soveel meer en op n ander manier....
Last Edit: 06 Jan 2016 13:41 by alwyn_gs.
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: Smartie, Cor, Smurf, arriem

Solo trip om Marekele 07 Jan 2016 09:15 #42064

  • pietersenj
  • Offline
  • Pillion-friendly
  • Posts: 280
  • Thank you received: 107
post asb die gps file vir die roete nadat jy dit nou gekoregeer het daar wat die paaie toe was?
Don't ride faster than your guardian angel can fly.....
The administrator has disabled public write access.

Solo trip om Marekele 07 Jan 2016 10:06 #42068

  • alwyn_gs
  • Offline
  • Catch me if you can!
  • Posts: 2491
  • Thank you received: 542
Daar is eintlik een roete om Marekele... ek het net alternatiewe gesoek...



Die Rooi roete is min of meer wat gery is... :+

This message has an attachment file.
Please log in or register to see it.

The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: BM13, Smartie, TyrebenderZA, pietersenj, Smurf, Smintee

Solo trip om Marekele 07 Jan 2016 11:36 #42070

  • Smartie
  • Offline
  • Moderator
  • Posts: 800
  • Thank you received: 322
Dankie Alwyn

Kan ons volgende saam ry :pot:
The administrator has disabled public write access.

Solo trip om Marekele 08 Jan 2016 10:35 #42080

  • BM13
  • Offline
  • Administrator
  • Posts: 2207
  • Thank you received: 403
Nice Alwyn, lekker saam gelees, gr8 pics! :woohoo: :+
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: Smurf